Magic Melodies Mobiele Disko Geskiedenis
Magic Melodies Mobile Diskoteek vier in Augustus 2009 sy 16de verjaarsdag. Gedurende hierdie tydperk het ons, ons tariewe so goedkoop en bekostigbaar moontlik probeer hou. Fanie Kruger dj en nuwe eienaar sedert 2005 het 15jaar ondervinding in die bedryf en het n groot deel hiervan onder die wakened oog van die Stigter van Magic Melodies (Leon Roux) gewerk en sodoende waardevolle ondervinding opgedoen. Hyself het alreeds meer as n duisend suksesvolle funksies behartig waarvan meer as die helfte troues was.
Met hierdie kundigheid en ondervinding lei hyself sy platejoggies op en leer hulle onder andere om die regte musiek vir die bepaalde groep te speel en af te sien van persoonlike smaak; hulle word geleer om groepsdruk en konflik te hanteer asook om die regte musiek vir ‘n gegewe funksie te speel. Leon (die vorige eienaar) glo dat ‘n goeie platejoggie gebore word en Fanie (Nuwe eienaar) glo en beaam dat met die nodige opleiding word hy ‘n suksesvolle platejoggie.
Ons maak afsprake met ons kliente sowat n maand voor hulle funksie om die moets en moenies te bespreek sodat alles seepglad verloop by hulle funksies of troues . Tydens hierdie afspraak maak ek die besluit watter een van ons betroubare en opgeleide dj’s by u funksie sal diens doen.
Kliënte kry die geleentheid om aan die einde van elke funksie ‘n evaluerings kaart ten opsigte van die platejoggies te voltooi. Hierdie terugvoer word dan ook gebruik om leemtes reg te stel soos byvoorbeeld of die musiek te hard was en of die platejoggie se diens en gedrag aanvaarbaar was. Dit dien ook as n verwysing vir Magic Melodies met die klient se toestemming.
Van ons gereëlde kliënte en ondersteuners in Pretoria sluit ondermeer in Isiphiwo, Edelweiss Landgoed en Three Oakes Restautant om maar ‘n paar te noem. Olympus Stream en Lombardy Estate het ons as hulle verkose Dj’s by hulle Venue’s. Verskeie Staatsdepartemente maak gebruik van ons klank en platejoggies vir hulle jaareind funksies. Geen funksie is te belangrik of onbelangrik vir Magic Melodies nie.
Ons toerusting is in uitmuntende toestand en vertoon netjies. Die kliënt kan verseker wees dat hierdie toerusting op enige plek van paleis tot pondok ewe goed sal vertoon. Al ons luidsprekers is Peavey en Fane kombinasies. Die versterkers is Suid-Afrikaans en beskik oor die gesogte Mosfet tegnologie. Van ons ander stelle is die Wharfdale reeks
Om die beste te wees en te bly is dit essensieël dat Magic Melodies sover moontlik alle musiek en musiek tipes beskikbaar het. Hierin slaag ons uitmuntend. Die meeste van ons funksies is troues, waar verskillende ouderdomsgroepe se musieksmaak bevredig word.
Professionaliteit en uitmuntende diens spel: MAGIC MELODIES!
Ons Span Fanie Kruger (nuwe eienaar sedert 2005) en dj 15 Jaar ondervinding
Pieter Deel van Magic Melodies groep sedert 1999
Neville het by ons aangesluit 2003
Gerrie is by ons sedert 2006
Warren is die nuutste toevoeging tot ons groep 2008



