Testimonials
Hi Fanie en Lisl
Hoop dit gaan goed.
Weereens baie baie dankie vir julle wonderlike diens, julle sal nooit weet wat dit vir ons beteken het om julle te gevind het nie. Baie dankie vir als, julle diens was uitstekend, en dankie vir al die raad ook en hulp met my 99 Red Balloons( dis nog steeds n groot hit).
Baie sterkte vir die toekoms.
Ek heg n foto aan vir julle.
Baie groete
Wendy en Willem
7 Maart 2011
Hallo Fanie,
Net weer n woordjie van dank vir die heerlike manier waarop jy en jou seun ons troue LEKKER gemaak het. Baie gaste het julle keuse van musiek gekomplimenteer en ek het ook so gevoel. Ons se nogmaals dankie !!
Pieter en Erica Ackermann
Fanie,
Wil net baie dankie se vir julle dienste op ons troue – alles het goed verloop en ons het dit baie geniet!!
Sterkte vir die pad vorentoe!
Groete
Liezl Pansegrouw
Christo & Liezl – 12 Feb 2011
Hi Fanie & Lize,
Ons wil julle net hartlik bedank dat julle ons dag baie spesiaal gemaak het. Julle diens was uiters profesioneel en niks was te veel gevra nie.
Se ook vir Warren hy het ‘n uitstekende diens gelewer. Ons sal defnitief in die toekoms weer van julle diens gebruik maak,
Groete
Jean & Amanda Cloete
Ambrosia Hall
16 Oktober 2010
Liewe Fanie en Lize
Zambesi Point het Magic Melodies aanbeveel om ons musiek vir ons troue te maak. Ons eerste ontmoeting met Magic Melodies was in gewees September 2009 waar ons ‘n troue by gewoon het. Ons het net daar besluit dat Magic Melodies ons uitweg vir ‘n suksesvolle troue gaan wees want as die musiek reg is, kuier die mense lekker saam.
Ek kon als oor e-pos met Magic Melodies gereel het. Dit was nie eers nodig om heen en weer te ry vir ontmoetings nie want hulle het als agter mekaar gehad en my behoeftes verstaan. ‘n Week voor die troue het ek en Fanie by ons onthaal area ontmoet om als vas te le en te bespreek. Nadat Fanie alle reelings vir die platejogie deurgegee het, was daar veranderinge wat ek wou gehad het maar ek kon dit eers op die dag, net voor die troue by die platejogie kry. Ek het getwyfel of hy als sal reg kry deur die aand maar ek kan met alle eerlikheid se dat dit werklik perfek was EN beter. Ons het regtig baie goeie en vriendelike diens gekry en sal Magic Melodies vir enige iemand aanbeveel vir enige geleentheid.
Vreeslik dankie vir al jul hulp en geduld. Dit word hartlik waardeer.
Vriendelike Groete
Dwayne & Riana Cornelius
Trou datum: 18 Desember 2009 te Zambezi Point
More Fanie
Beide ek en Bennie het net die grootste lof vir die musiek van die troue – als was uitstekend. Warren was uiters professioneel en behulpsaam gewees. Soundchecks was gedoen, musiek was perfek en hy kon Pieter Smith ook akkomodeer toe hy wou sing.
Weet dat ons julle definitief weer sal gebruik en dat ons julle aan al ons vriende en familie sal aanbeveel.
Weereens dankie!
Groete
Bennie en Lieza
Wedding 2 MAY 2009 Swans Rest Centurion
Warren was very good. We had no problems and appreciate it a lot
Peter & Sandra
Hoop dit gaan nog goed?
Ek is jammer ek kom nou eers by jou uit, maar ek wil net dankie sê vir jul puik diens.
Pieter het verseker sy hande daai aand vol gehad met die generator wat nie wou saam werk, maar hy het steeds uit sy pad gegaan om dit so glad moontlik te laat verloop en darem my troumars uiteindelik te kan speel toe ons die saal binnekom. Ek haal ook my hoed vir hom af om so kalm te gebly het en alles te doen presies soos ons dit wou gehad het.
Baie dankie vir al jul moeite en dat jul die dag so glad moontlik vir ons laat loop het.
Hoop jul het ‘n heerlike dag.
Groete,
Abrie en Ronelle Janse van Rensburg
(Troue: 31 Januarie 2009)
Dear Fanie
The DJ (Pieter) was superb and was always ready to entertain everybody.
Thank you for all your wonderful assistance.
Kind Regards
Melanie Breytenbach




